TUISBLAD
Die skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding met wye vakkeuses, ‘n verskeidenheid kultuur en sportaktiwiteite aan elke leerder wat hom/haar die geleentheid gee om as totale mens te ontwikkel en die nodige kennis en praktiese ondervinding te ontvang om die beroepslewe met vertroue aan te pak.
Ons bied ook ‘n rustige, veilige omgewing van waar leerders die wêreld kan verken. Die skool beskik oor seuns en meisieskoshuise wat huisvesting bied aan die leerder waar die ouers gerus kan wees oor die versorging van hulle kinders.
VISIE
Om ‘n topgehalte skool te wees waar elke leerder sy volle potensiaal kan bereik.
MISSIE
Die gemeenskap te dien
Die omvattende ontwikkeling van elke leerder
Maksimum prestasie op sportvlak
Ontwikkeling en bevordering van kultuur
Top akademiese prestasie
WAARDES
Respek vir ander, vriendelikheid, eerlikheid, opregtigheid, deernis, verdraagsaamheid en verantwoordelikheid.